Fokus op
Loukie Adlem
Ek woon in Pretora en ek reken ek sal doodgaan in Pretoria, behalwe as die Singularity gebeur, in welke geval ek myself gaan upload na die AI en 'n stroom data word wat vir ewig om die aardbol wentel. If you deduced from that that I'm an introvert and a wanna-be nerd, you would be right. In the meantime I love my family, and my two jobs. The one job is to run the electron microscope at the National Metrology Institute (not to be confused with the weather people) from eight to one, and in the afternoons and evenings I work as editor for a small American publisher of LGBT books. Check out JMS Books LLC (www.jmsbooks.com). Ek skryf ook gedigte, in Afrikaans en Engels, afhangend van hoe die gedagte aanklop. Ek kou my polse omdat daar so min van hulle is, gedigte nou...die beste deel van skryf is terwyl die gedig uitbroei, terwyl die nuwe ding gebeur.

rooi serp
jy het jou rooi serp by my vergeet terwyl ek die springmieliebakke en wynglase opruim en die kussings pof sirkel ek dit versigtig later druk ek my neus diep daarin agter my rug, agter jou rug doen ek met jou serp wat ek nie met jou sal doen nie onder die parfuum ruik ek jou ek is 'n bloedhond, ek wil jou spoor sny maar ek kan nie ek het die simpel traan met die serp se punt afgevee en dit gebêre vir 'n ander keer. Enabler Drunk. You were often drunk. Slouched against the grey concrete wall, eyes smudged with heroin-chic bruising. Crying in futile pain for the long lost lover, a half carton of milk drooping between your knees. Cruelty or pity? I offer you two Bromazepam. Unthinking, uncaring, you take them. I crouch and watch, a slow count to three-hundred before the threnody of self-pity ends. The milk falls from your fingers and pools on the ground. I walk inside to get my camera. I still have that photo. But then: "Come on, lean on me." I support your weight, pour you into bed, I take off your shoes, loosen your belt, lift off your glasses. Stand back to watch you sleep, the familiar lines of lip and nose, the long wet lashes on your cheek. I love you now that you depend on me. |
Twee somers
‘n Naaldekoker-oomblik vasgevang in die son: sewe kinders in 'n plaasdam, die blonde koppies en die donker koppies, die houtbruggie waarvan hulle jillend af spring, water wat sondruppels spat en oorspoel in 'n groen, groen jaar. Hierdie jaar was die dam droog van te min reën. Een kind is dood, die ander word groot, en die bruggie lê gebreek en vaal. Alle groen is verdun, en tussen die digte riete wei net 'n orrelpypie gesin vlakvarke en nader aan die huis, twee perde, skofdiep in bosluis gras. The Last Sentinel ...and then one daybreak he walked away from the fort, left the half-eaten oats to congeal and the candles to sputter out into the dark silence of empty space. He took the straight path to the crossing place in the marsh, where earth meets sky and water, land. When the deceitful tide rushed his feet, he went down with eager ease and saw against the rising sun at last the angel with the one black wing. |
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Men of a certain age
Ek het nou die ouderdom van die eerste dood gehaal,
wanneer jong moffies & kelners jou nie meer raaksien nie,
& ek heel menslik vrees vir die ouderdom
wanneer jy kaal in die stort
deur geïrriteerde swart verpleegsters geklap word.
Dus hou ek my so lank ek kan by my lees.
Maar as ek wél sou uitgaan, sê maar na 'n braai,
gestewel & gespoor, my boordjie my das,
in swart jeans & swart t-hemp,
as ek sou opdaag by so 'n geselligheid
& stilswyend die rondte van voorstellings
deur die gasheer verduur:
Dit is nou Johann-die-digter
(soos in Johannes-die-doper)
& ek hande skud met gepaste hartlikheid
terwyl ek eerder tuis na porno op xTube sou wou kyk
as om hoflik te probeer verduidelik waarom
ek nié afgeneem wil word
in 'n rok nie (toe nou, wees 'n sport!),
dat dit nie een van my aspirasies is
om in Facebook-ers
se foto-albums te verskyn nie.
By sulke geleenthede, my liewe leser,
om die kombuistafel,
of buite langs die swembad
sal die een of ander moffie, altyd 'n raps
jonger, naderkom om my te vertel hoevéél
my boeke hom gehelp het
deur die hel van 'n plattelandse jeug:
boerseuns, plaasseuns, jong minnaars van die woord,
wat my boeke skelm gekoop,
of uitgeneem het as die biblioteek progressief genoeg was,
wat my boeke gelees & weggesteek het vir hulle ouers,
omdat dit hulle minder alleen laat voel het,
& boonop wonderlike draadtrekmateriaal was.
Wat is 'n middeljarige moffiedigter verby sy sell-by-date
veronderstel om hierop te antwoord?
Dat dit my groot plesier gee
om te weet dat ek op beskeie skaal gesorg het
vir honderde uitbundige,
volumineuse, vér-reikende sponkskote
in sakdoeke, sneesdoekies, onderbroeke,
tekkies, teen badkamerspieëls, of binne sokkies;
dat geil seuns nie kon wag om ná skool
of rugby-oefening
by my boek uit te kom
agter 'n geslote (bad)kamerdeur nie?
By sulke geleenthede
terwyl ek luister na die relaas van die oom
wat hulle molesteer het,
of die pa saam wie hulle porn sit & kyk het,
of hoe losbandig vandag se jongmense is
maar “ons oop verhouding wérk” –
By sulke geleenthede stryk ek oor die tafelblad
& wonder of als nie tóg vergeefs was nie.
By sulke geleenthede fantaseer ek heel menslik
oor die dood, oor die moontlikheid dat die grond
meteens kan oopskeur langs 'n naat
& my kan insluk om nooit weer gesien te word nie.
En dan is daar die betekenisvolle blikke gewissel
as ek vroeg vertrek. Was die verwagting dat ek
getrou aan my woorde iémand, ten minste één gas
agter 'n struik sou afsuig, of sou bly
vir die swembadorgie later?
Plotseling gaan lê die wind
& dit raak donkerder
om die uitgebrande kole,
& terwyl ek terug ry huis toe
wil ek saam met Reve uitroep:
vir wié of wát dan tog, in gódsnaam, skryf ek nog?
Johann de Lange
Woorde is so eroties
Words are so erotic, they never tire of their coupling.
Stanley Kunitz
Vroeg reeds voor ek woorde gehad het vir alles
het ek my lyftaal in die monde van vreemdes
hoor sing, & bevele sien gee sonder om 'n enkele letter-
greep te verkwis. Immer gereed is ek deur onderwysers afgetos,
predikante het my kollekte in konsistories ingepalm,
dokters & polisiemanne het my afgesuig
in geparkeerde motors, & kapelane het seker gemaak
hulle vang die Heilige Vlees in 'n kondoom;
& in skoolbadkamers, & later in sauna’s & storte by die gym,
het ons toegewyd aan sekere spiergroepe gewerk.
Op Voortrekkerkampe, skoolkampe, & kerkkampe immer jags,
is ek geskommel onder brûe, onder sterlig & skade van bome,
onder stukkende straatlampe & op verlate tennisbane snags
(die telling altyd zero-love). Met die geur van sonneskyn & chloor
is ek uitgehelp onder die blou waters van openbare swembaddens,
met plesierige wit gedagtewolkies wat woordeloos & in stadige aksie
bo besnyde & onbesnyde pielkoppe bly luier het. En prys
openbare vervoer, daardie vinnige handgrepe aangeleer
agter in skoolbusse, of die beknopte toilette van oorvol treine
met skoolvakansies, of in spitsverkeer waar my mielie
vir my gerol is deur vriendelike vreemdelinge,
deur digters & arbeiders met growwe hande,
of die sagte palms van studente met beurse & baie vrye tyd.
Ek het deurgeloop onder die vaardige hande van haarkappers,
van kantoorwerkers in hysbakke, parkades of die dakke van wolkekrabbers.
Ek het my laat vang deur ooms in vrugteboorde, & nefies in plaasdamme,
deur atlete & rugbyspelers in koshuiskamers, in skoolsale & op donker pawiljoene.
Ek onthou stasietoilette met ou ooms & die sterk reuk van Jeyes fluid,
& die twee str8 pelle wat eintlik mekaar wou beetkry maar
ek moes tussen hulle lê & hulle hande op mekaar se lywe hou,
ek onthou die doofstom mechanic met 'n voël geskep deur Michelangelo
wat altyd met sy duim na bo beduie het as hy reg is om te kom,
& die vlieënier met die bierblikdik piel (genadiglik 'n bottom)
wat ek op die landingstrook van die lugmagbasis genaai het,
& al die kreatiewe sessies foonseks Sondagoggende
met 'n lugmagkaptein alleen aan diens in die vlugtoring,
& al die soldate op die tjie-tjie-enkelbeddens van weermagbarakke,
of op die koel gras tussen die donker bome van die Uniegebou.
Ek onthou die getroude onderwyser wat elke tweede Saterdagoggend gekom het
vir 'n pak slae met sy eie rottang tot sy oorle pa hom opnuut vergewe het
& sy saad soos lydsame trane teen sy bors & dye afgestroom het.
My riem is geruk by tallose piskrippe deur koorsige hande
van alle kleure, oriëntasies, oortuigings & verál tegnieke
terwyl ek kennis geneem het van die wit hiërogliewe & simbole
wat ons vryhand geskryf het teen roesvrye aluminiumvlakke
& wat weggespoel is totdat net herinnerings oorgebly het.
Op Vadersdag is ek in die begraafplaas afgesuig
deur 'n blommeverkoper, met 'n bos blomme in my hand
want ek kon nie my pa se graf opgespoor kry nie.
In die winter is ek langs die Liesbeeck snags beetgekry
deur die verkluimde hande van onbeholpe studente
gefrustreer na 'n date met 'n meisie wat haarself wil spaar (prys haar!),
skaam oor hulle nood, wat soms saam is huis toe
waar ons met hande oorkruis mekaar uitgehelp het
terwyl ons lê & porno kyk –
& soms, net soms, was daar epifaniese oomblikke
wat gekom het deur 'n gloriegat,
waar 'n spoeggladde palm, 'n warm mond, & 'n tong
die onsegbare gesê kon kry
in die vlesige samekoms van 'n driftong.
Johann de Lange
DIE BESOEK
In die middel van die nag was hy daar,
die helder wese, daar reg voor my bed,
asof ek in die dag of in die aand
nie die voor- of agterdeur sou oopmaak
as hy klop nie; hom soos 'n vreemdeling
sou wegstuur as hy sy hand na my reik;
oorstuur oor nóg een wat kos of water
kom vra en my op my erf lastig val.
Hy het stil en kalm na my gekyk
op die bed, soos een wat ten volle ken
en in die boeke op my lessenaar
gelees en al my los krabbelinge
op papier gesien het voor ek van hom
bewus was, wakker geskrik uit die slaap.
Hy was glanswit en soos 'n man of vrou
wat ek wel die huis sou kon binnenooi,
maar geen sigaretrook of parfuumreuk
het bly hang toe hy skielik verdwyn nie.
Toe ek die lig aansit, was daar niks nie.
Daarna het ek Hom of sy gesant nie
weer voor die deur of op straat herken nie.
Tog kan ek Hom nou 'n gedig aanbied.
Ek sê ja, my Besoeker, ek erken
jou bestaan, Jy het my self kom besoek.
Op my lessenaar sal dié gedig wees
as Jy deur my velle papier kom blaai,
kom soek na Johann Lodewyk Marais:
vir U hiermee 'n beskeie boekmerk.
Johann Lodewyk Marais
Eksodus
Die stofpad na Smorgenster
het nie 'n afdraaipad nie.
“So sal dit altyd wees”, het ma gesê
en op 'n stukkie stramien voortborduur
(Jesus het geween)
Sy oë was 'n stroper.
Sy tong, die haakkruis, 'n vlym wat stronke spiernaak skil,
want sy leivoor het droog geword;
tog was daar nog water in die kiel.
(Ek sien 'n nuwe hemel kom)
Ja, die maan kan vrygeestig speel,
as die sering spieëlkastele op my bed en kamermure boei.
Die gebroke spinaal in die loopgang van die deurkosyn
was net 'n prefiks vir nag-strignien.
(Dit is volbring)
Vandag groei kooigoed oor kelders,
al langs die kronkel grys pad van die sandsteenhuis.
My ma was reg, dit was toe so:
eksodus was haar afdraaipad na openbaring.
Berdéhan Brand
Hospice
Even
newly painted just before Christmas
there is this drabness about it:
a square building
fenced in by gravelled symmetry and stunted trees;
branches lopped off;
no scattered leaves.
Not even a thought would show new growth.
The breeze does not tug at the swing.
It is unsettling;
no children rushing at the metal bar
of the roundabout.
They carry their lives the way
you would a bowl of water:
hugged to the chest
afraid to spill as
one more drop would cling
then drip
then drop.
You’ve noticed:
the sky is unutterably
polystyrene dull.
Tap at it and it echoes
silence.
Evenings grow stained
like smokers’ fingers.
At night it is right here;
in my room
my head,
an opaque hospice on a hill.
I populate it with still people;
sheets pulled up to their chins.
The mantelpiece in the common room
supports nothing but a plastic doily gone sticky
and dripping
over the edge;
a thing spilled.
Lazarus shrugged off his shroud
at the sound of your voice?
Karlien van der Merwe
Kosmos dans
Aprilmaand as die kosmosblomme
vrolik in die wind baljaar
skryf ek met my hart se punt
vir jou 'n boodskap op die wind
Kom ruik die veld se rykste geure
sien die goue najaarskleure
bons jou hart soos wilde tromme
en dans die dans van kosmosblomme
Jan Olivier
Om jouself te dood begin jy stadig
Die berg laat hom nie deurtrap
in onbewaakte oordadige oomblikke nie:
hy eis jou erns
jy pak jou sak sorgvuldig
en bekom die regte stewels;
jy loop dit vooraf elders in
jy dink daaroor, jy beplan noukeurig,
jy voel vooruit die klim, jy voel
jou longe nou al brand
jy doen dit voorbereid en ordentlik
soos die man in jou maar moet:
jy stel nog eens die voorbeeld
jy klim jou berg in stilte
en bid vir oulaas vurig
teen die krans se spits
- dan spring jy.
Rudi Prinsloo
One moon later
Frozen before the approach of dawn
she prayed for first light to come
for the clutching horror to lift off her chest
and the pungent dark undone
outside in the small hours
Smudgy the dog lay still on the lawn
where it reeked of rape and blood and guns
scissors and hymen and damaged youth,
stealth of heart racing in furtive silence
throbbed in a house violated;
she prayed for life to rewind to yesterday.
Now the day of ritual fire and rising smoke
day of water and sprinkling of salt;
mid-winter, with incense we drive the stink out
and solid rage starts to thaw.
Elza Lorenz
She Calls me by my Name
Dad an’ them should be in P.E. by now, even driving slowly;
I wonder how Eddie fared on his own?
but then he flew down – always quicker --
have you ever met my brother, Eddie, Trish?
How long were we alone before the others came?
(brown eyes meet mine across the floor)
Erm, I only arrived last night... No, I mean, after the accident?
Shame, that poor boy – and he’d just got his license.
There it is now, thunder too, can you hear?
It is coming down in buckets;
remember, Trish, when Mom put us all
in rows – to be together — we were so afraid.
It’s been quiet today, but then people need
to spend time with their own families too;
I’m happy I have the dogs — Jessy, get down!
you know I can’t pick you up; you jumped up by yourself.
If you cannot manage with the drip an’ all,
I’ll just quickly nip downstairs
and drop off the cheque, no problem;
you rather keep that leg of yours still.
Trish, did you buy much when you went to those game lodges?
Not a lot, I clumsily waver...
Knowing you, you’d buy for everybody else;
I hope you bought something nice for yourself.
Have you been to the races lately, Trish?
I remember you walking so proud always, and the hats!
Now look at the leg - who would have thought
you’d be run over by the same car twice.
I still don’t remember the whole story,
I just know what you’ve told me;
just be careful when you reverse at that garage;
it may be Constantia, but one never knows.
Are you going home today, Mrs S.,
greets the lady with the menu, full of beans;
yes, lucky me, (I smile); yes, we are going together,
chirps my cheerful friend, we are getting a lift.
Have you not seen my black bag, Nurse?
I just want a ciggie...
What, has Dad taken it? He knows not to do that!
I like my things close to me;
perhaps he has just put it in the car --
I’m like you, Trish, with my things,
still as methodical, I can see.
So, Mrs V., what are you having from the kitchen?
Mrs V. stretches out in deckchair-style;
Awhh, I can’t decide that yet, I want to take my time *giggle*,
rather ask me again tomorrow.
No, I have to write it down, the nurse insists.
What have you got, my dear?
Breakfast, reads the voice haltingly,
juice, weetbix, eggs, toast, kroi-sant...
Ahh, perhaps just the eggs – is it fried?
Fried or scrambled...
Okay, the eggs – sunny side up -
and a little croissant will do.
Lunch: Beef, roast potatoes, or Chicken & rice...
Is it roasted lamb?
No, beef.
‘Thought you said leg o’ lamb --
alright then, beef, but not much, please,
Trish and I are still going out.
Remember that Mediterranean lunch, Trish,
you put it out ever so nicely *sigh* --
And pudding, Mrs V., the nurse interrupts;
Awhh, I dunno, my dear, we are still going...
Trish and I have come such a long, long way.
What was your maiden name again, I ask?
Taylor – did you forget?
Taylor like in Liz, I press on?
Yes, *giggle* - but my father is Afrikaans.
When I gather my bags, I feel such a traitor
for leaving my sister from another time behind;
but one day we shall be going out again,
in the finest apparel and polka dots, no less.
Jo Fourie-Symmons