Fokus op
JOHANN P. BOSHOFF (in 1956 op Jan Kempdorp gebore) het sy kinderdae in Johannesburg deurgebring, in 1973 aan die Hoërskool Sentraal Bloemfontein gematrikuleer en in Maart 1983 sy BA Hons. in Afrikaans-Nederlands (letterkunde) aan die eertydse RAU verwerf.
As multigenreskrywer het daar, benewens letterkundebydraes tot enkele bundels en heelwat joernalistieke werk, reeds altesame 34 boeke uit sy pen verskyn, waarvan 14 studiegidse oor alle aspekte van matriek-Afrikaans en nege Christelike oordenkingsbundels deur uitgewers uitgegee is. (Daar is ook een reeks omdigtings uit Engels deur Aktuapers uitgegee, naamlik van lydensgebede deur Eric Milner-White.) As selfpublikasies, dus vir hoofsaaklik familie, vriende en ander belangstellendes, het hy die ander elf (11) boeke uitgegee ‑ hoofsaaklik letterkunde.
Benewens enkele “mindere maar belangrike” openbare erkennings vir sy poësie en kunsprosa, beskou hy dit as grootste erkenning van sy skrywerskap dat hy in Februarie 2008 as Afrikaanse Skrywer van die Dekade (vir die bevordering van nasiebou deur veeltaligheid) deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad vereer is. Sy mees onlangse werk wat in inheems Suid-Afrikaanse tale vertaal is, is die kortverhaal “Stilte in seep”, wat op www.bwasp.co.za in Afrikaans, Engels, Sesotho en Zulu gelees kan word – 'n eerste gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse letterkunde, meen hy.
Tans woon en doen hy vryskuttaalwerk in Pretoria, maar beoog om die een of ander tyd weer “terug beskawing toe” te verhuis, sê hy. Hy bedoel die platteland.
Boshoff het by meer as een openbare geleentheid sedert die verskyning van sy Volledig Christen, volledig méns en 'n koerantartikel oor die Loxtonse romansier Nita Griessel in 2010 te kenne gegee dat hy ophou skryf het, ook vanjaar met sy poësievoorlesing in Oktober op die Melville-poësiefees.
“Maar God het oudergewoonte ander planne vir my gehad. Op die oomblik ‘dikteer’ die Here Oral is my God aan my en ek skryf dit neer. Ek is amper twee derdes klaar,” sê hy.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Hangers
vir Kerkorrel en Gerhard Maritz Die tou span styf tussen nek en balk en hals en boom ‑ makabere Kerstooisels buite hulle seisoen. "Hy's reguit hel toe," vel die verwaande die vrede oor die hangsels se stiltes, die stilte na hulle stom storms. Tog weet ek: toe hulle elk so sonder vertoon deernis voor my deur kom lê het, was dit hemels, ewig, soos nadoods hulle lewens nou is ‑ só anders as die hel wat leef in daardie ander wat anders dood is, so sonder liefde, so lewensonkapabel. Terug Met apologie aan Dirk Opperman op pad na afgeleë edens en paradyse besef ek wel wat terugkeer is dus: aan jou, lief, wys ek 'n kokerlose boom van kennis van kwaad en van goed – aan jou, lief, in die middel van my tuin |
Eksodus
die 08:40 na bloemfontein platform vier oorklim te germiston twee lyne stawe eers suid dan oos dan suid dan weg … in pretoria was 'n tempel ‑ wat help 'n tempel nou? ‑ met onbevlektes blink kandelare wierook wat walm offers en nou verlang ek na 'n haarlok spoorlangs suid leef ek noord na waar simson tussen suile sy spier vir oulaas span |
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Joga van die kobra
Ek het na die dans gekom om my dans met jou te kom dans Om jou dans in my dans as geskenk te ontvang Om my krag in jou krag te sit en te bid Ek het my kop my bors my buik gelig Ek het my rug gebuig my rug se knak 'n brug van reptieldigte gewig tussen onbeweeglik en lig Ek het die heupe laat sink uit my wiegende stilte die kleinrug laat sak in gedagtelose instink eerste brein so klein so onverbiddelik ingestem op vasmaak en rem het ek ontstrem Joga van die sfinks Elke driehoek pas reg op elke ander driehoek, piramiede van die lyf, onmeetbare gewig van die mens wat oplig en swaartekrag in elke gewrig ombuig tot 'n stilte, 'n onstoorbare stand buite die greep van verstand se fragmentasies en berekeninge. J C Van Staden |
Joga van die boom
Ek verdwyn in die grond, beswyming van die grond, afgrond van my eindelose ontworteling, tot 'n hol spoor oorbly en ek my pad vind in 'n versinde vereniging van aarde en hemel: die een vol son en maan, die merke wat voëls maak veral die swaels wat uit strome lug wonings weef, ooievaars wat wag tot 'n golf hitte hulle oplig ondenkbaar los in 'n gewiglose moment, en aasvoëls, merkwaardige ontbindings in hulle chemie, duisende meters óp in die osoon, 'n verspreiding van molekules van wat lyf was; die ander vol donkerte, onbekend behalwe vir gevoel, aanrakings, vertroue en vertroudheid, waarin slegs gesiglose organismes durf beweeg omdat hulle niks voordoen nie, skaars êrens heen gaan, voortplant met onbewuste drifte - 'n sypeling van een element in die ander: dáár heg ek in my verbeelding 'n oomblik waarin ek ontstaan aan een waarin ek vergaan, grond wat uitstrek in lug, lug wat met 'n sug losgelaat word uit die lyf om weg te dryf molekule vir molekule in die onverdeelde soom |
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------blok myself
in die tyd van my geelhuis
het ek daagliks met die dooies omgegaan
daar was my ma: haar longe het onder haar ingegee
daar was my pa: sy bene en sy hart het hom verlaat
daar was my broer: die aardige een hy is geweldadig heen
daar was agnes: haar konstabelman met black label as trawant
het haar een saterdagaand in haar kamer doodgeslaan
daar was ook 'n fetus gewees (sy tel seker nie vir dood nie)
in die geel jare van my dooiehuis
het ek die lakens van my afgegooi wanneer die son
se voet op die laaste trap van die oggend rus
het ek die gordyn op 'n skreef oopgetrek
en deur die smal reet van my kamerruit
oor my tuin uitgestaar
my geil tuin wat dag na dag al stommer onder
my treurende hande lote ligwaarts gestoot het
'n piet-my-vrou het my onverwags
een oggend uit my huis van lyke losgefluit
(twee kortes en 'n lange)
ek het my dooies uit die binnehof
ingeroep en my stem dik gemaak
die jirreweet ek dra julle nie een tree verder nie
moenie huil nie ma ontspan my broer
hou op om jou voet te stamp my pa
gabriël se lip is lankal dik
dit is tyd vir hemelhuis opsit
o my lyke my lieflike dooies
beminde geraamtes van my bloed
dis vir julle wat ek nou hier onder
simonsberg se klipsnoet wegkruip
Tessa Louw
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
large hands make
minute adjustments to the marriage
of oxygen and fuel
the bass notes of twin carburettors
music to his soul
and yet,
the paradox of Giulia and Julia
those lines that race his heart
from step nose bonnet to tail light,
that curve from hip to knee
fingertips strum the beaded bone of her spine
make their own music
in the bitter sweet dance called love
Julia Kramer