Die moeitelose selfmoorde van dominee De Waal
Om dood te gaan is maklik, sê dominee De Waal,
maar daar is mense wat onnodig moeite doen:
Glenda het die helfte van haar kop
met ‘n rewolwerskoot verpulp.
Hy het haar hand in Bara vasgehou
toe sy geveg het om te sterf.
En God sal weet hy het gebid
gebid gebid gebid
verby die bloed, verby die snot, verby die huil
tot by fokkol voel oor dood.
Liana het ‘n trekker langs die pad gekies,
haar skedel soos spanspek gekraak.
Hy het haar begrafnisdiens gelei
en God gevra hoe kan dit wees?
Die Here weet hy het gehuil
gehuil gehuil gehuil
verby die Woord, verby die graf, verby die hel
tot by fokkol voel vir God.
Nou meen hy doodgaan moet minder moeite wees.
Dis net ‘n kwessie van
gaan slaap, staan op, gaan slaap, staan op, gaan slaap
totdat jy jou doodverveel.
Izak du Plessis
verkrag
You have something in you. I will give you examination
Sy mosterd skoene eindig in ‘n lang plat punt
en het bruin stikpatrone soos ‘n slang se vel.
Die nuwe mode uit Lagos het hulle my vertel
toe ek destyds nog daaroor gevra het.
Dit kraak en blink tot in die sole wat verby die nate steek
as hy daarmee op die vaal geskropte vloer trap.
In Franse Engels verduidelik hy dat dit nódig is
om stukkies van die Madame se hare in ‘n boksie te bêre
en ‘n bietjie van die vuilgoed uit te krap;
met ‘n liniaaltjie te meet hoe lank die skeurtjies is.
Gaan hy ook op die korrekte genommerde vorms in swart ink
invul dat die Madame by haar volle positiewe was:
nie dronk nie, nie mal nie?
Hoe is dit dan dat dood so lewend kan voel
en die lyf soos Boeing-vensters kan swerf?
Gerda Fourie
Lywe wat losgekom het, 2010, Pretoria: Rosslyn-Pers
Outnumbered ( a love poem)
You showed me
how outnumbered I was,
How obligations interferes with beauty,
I had nothing except Da Vinci and pigeons in the park,
A place for your weary head on my painted lap,
I was the brevity of your dreams,
A love of life you only sustained when I was around,
You left my garden on your fathers wishes,
A lawyer you became,
A very busy person that anonymously purchased my art,
You only breathed again when your very gifted banker left you to find himself,
Visiting the old company gardens again, you found our heart engraved into a yellow wood tree,
Looking for me at exhibitions and art directories I was gone,
You showed me
how outnumbered we were,
I undressed every painting of mine that morning,
Saw the naked truth of inevitability that afternoon,
Dressed myself to look like them that evening,
I lost you,art and the silly life of dreams the following months
It has been twelve years and I send you a link to a poem,
One measly poem that opens up a warehouse of more,
I missed you.
Martin Lochner
Boodskappers van die gode
(Opgedra aan Erna Jo en die e-tydskrif “Bloots”)
Ons het die wilde perde bloots gery
wat spore op die silwer strande laat
in woorde, winkend soos die oseaan
van ander lande wie se gode nog
verstil en saamhuil in die bloue maan.
Ons het die boogskutters se strydwaens
sien laer trek; en opgekyk na bo
na waar die pyle vlymskerp klowe klief
in sterrestelsels ver verby die son
wat ligdag op ons einders dans, my lief.
Ons was die digters wat gedagtes ets
wat drome in die sterre kon beskryf
dit inkleur met palette van die taal
die een wat altyd in ons monde skuil
wat sluimer tot die muses dit kom haal.
Die verse het vanself na ons gekom
ons het hul fluister op die wind gehoor
van ver verby die anderkant se lig
in groen ink tussen lyne van die hart
daar waak ons in die eggos wat ons dig.
Omraam in silwer blare van lourier.
Mellet Moll
Die Kroon vol drome
Ek het begin verken
die waarheid loop soek.
Hoofstroom- en weeskinders gaan groet.
By die konsentrasie kamp gesit en wyn drink
met kerse en my hande vol van niks.
Name op ou stene gaan lees waar die engelse lê
en nie eers die bome ‘n teken van vrede ken nie.
Voor Oom Sarel het ek gestaan.
Hom vertel Veronica oorkant die straat
is en was nog nooit ‘n slaaf of swart nie
sy is my buurvrou, my vriendin.
Haar trane vloei nes myne
as haar man gesuip by die huis kom
en haar bliksem vir geen rede nie.
Ek vertel hom van die hoere ‘n meter van sy kerk af
wat dans om die konkas waar hy eens gewoon het-
selfs hulle dans en lag vir die winter.
Ek vra Oom Sarel
of hy die poetry van Mamelodi
deur my oë kan lees
of hy kan sien hoe slaap boemelaars
snags onder sy hand
en of hy fokken weet hoe hulle bid
vir angels, brood en komberse.
Ek vra hom of hy sal weet
waar die waarheid rus
as daar niks anders oor is nie.
Uit fonteine het daar vrot water gespuit
en in die arm woonbuurte
was daar selfs in die donker wyn gedrink.
Daar is altyd wyn al is dit in jou hart.
Melanie van As
Kaneel en warm sjokolade
ek is weer terug op koffie
en die kaffervink in my hart
raas nie meer so erg nie
hy snoes, want die nes is knus
en vere pof vir selfbehoud
karmosyn drup langsteelbeen
teen nag-kristal en die maan
sit met haar arms oor haar hoof gevou
(ook maar net vrou)
die wyn in my bloed syfer sy eie loop
deur nuut gevonde gleuwe
en prop warm donsdou in leë holtes
van my lyf
die dat ek, veer in die hand, sit en skryf
want die plek wat ek vir jou in my kaggelvuur
gereserveer het, is nog onbeset
by jou reën dit (ek weet)
ek kan die afstand tussen my en jou meet
aan die klam in jou trui se grein wanneer jou gees
kom lyfskuur in my nek,
die muskus en mos sien kleef
aan jou wimpers, klam dennenaalde
wat nog aan jou voetsool klou
(van beur teen winterkou)
asem teen die ruit
vries teen gletsers van seesout glas
en ek probeer my vingerpunte
tussen Venus en die drie konings pas
en boog toe jou woudruising
om my huis se hoeke ween
vanaand is ek weer alleen
maar vreemd tevrede in die wete
dat storms jou gou weer sal nes
in vingerkommetjies
van my kaneel en warm sjokolade.
Almarie Truter
Onrus
Ek het met my speelgoed geweer
deur die bome gestap
Bloekoms reg om die huis
En in my sak
‘n handvol crackers gevat
Dit was die dae van onrus
Ek het gedink ek’s ‘n grootwildjagter
Met my kortbroek en kaalvoete
My oupa het ons laat hoede dra
Ek was ‘n army man
Met my kettie in my sak
Dit was 1987
Op tye het ek na aan die
modder huisies verby gegaan
‘n cracker teen ‘n boom gesit
Terug gestaan
en dit flenters geskiet
Dit was om hul af te skrik
En in die aand as die skadu’s
van die bos
die gekalkte kliphuis toevou
Moes ek my geweer loop bêre
En om die kers die Bybel lees
En vir vrede bid
Vickus Prinsloo
Bloeisels, Pretoria: Blackfoot Publishers, 2009
Gebed van ’n godsdienstige rassis
O God wat my aanbid
dien my en my en my volk vandag
hou ons veilig
bewaar tog ons besittings en ons trots
laat ons nie aan groot stukke vleis verstik nie
lei ons op ons paaie
by die werk en by die kerk
gee ons vandag ons daaglikse gemak
vergewe ons ons haat
verstaan ons bitterheid
voel ons kwaad
donder tog die donker skelms op
- en stuur asseblief volgende keer
iemand meer geweldadig as liewe Jesus
om U naams ontwil
Jaco Strydom
fe-niks
soms, as dit laat is
en die honde
ophou blaf vir niks
bekruip ek jou skedel
ek seil op my maag
soos ‘n slak, soos ‘n slang
in sirkels om die
konka van jou denke
daardie drom waarin jou harsings
vonke skiet en vlamme spoeg
en rookseine stuur na
meer geliefde dinge –
hand ek hande om die nate
oop te skeur had ek vuiste
om been te verpoeier o gott –
had ek oë om te sien
sodat ek kan stil wees
en weet dat ek soms
soos ‘n klein vlam
jou harsings lek want
soms, as dit laat is
en die honde ophou
blaf teen die leegte
breek ek my skedel oor joune
Mariette van Graan
LYFREIS
Jy met jou eindelose oë
wat groen en helder die
duikboot van heimwee in jou
glipstroom ken
jy met jou aardse lyfboot
wat soos luiperd soos waterval
kan oopsprei my meisievel
my trooskaros
jy wat droogvoet dans op `n
kaal winternag en die maan
en die sterre laat duik laat boot laat
kantel in my wensbeenskip
Anemari Jansen
Baie mooi verse hieronder (hierbo). Ian