Hoe om 'n (volks-) gedig te skryf1. Lees. Herlees. Lees hardop.
Herlees wyd. Die spronge in die kwaliteit van gedigte in Afrikaans is gemaak deur mense wat goeie plaaslike en internasionale boeke gelees het. Intens beleef het. 2. Leef in die kuns. Leef in ook die ander kunste. In die geskiedenis, die wetenskap, die movies. 3. Sit eers alles opsy wat 'n tema of onderwerp het; verkies die "skeppend-ontdekkende" gedig. Let op sy ontplooiing, stukkie vir stukkie, krummel vir krummel, as kunswerk van klank. 4. Leer hom (die gedrewe vers) uit die kop uit. WH Auden meen 'n digter moet 1000 re♣ls uit die kop ken in haar eie taal. En nog 1000 in 'n taal wat sy nie ken nie. Jy moet volgens hom leer kook ook. En 'n akker bewerk; goed kweek. 5. Ons praat van "verse" omdat dit aan die einde draai (Latyn: "vertere") en weer begin, met ritmiese en betekeniseffekte. Maak goeie geveerde verse, nie net pappes nie. Nou praat ons van "dinamiese" gedigte, wat hulle eie rigting volg, soms agter die ritseling van 'n enkelvers aan oor "Kalahari's wit papier". 6. Wees bereid om te skrap en na te slaan. Redigeer, pynlik. Maar onthou twee dinge wat ons in Engels bereik: "Only dullness can kill art" (Robin Skelton) en die vraag van die SA digter wat baie invloed op die Dertigers gehad het, Roy Campbell: "Where's the bloody horse?" Opperman vra wat die "noodsaak van die vers" is. a) Sluit aan by my klas in Pretoria (Saterdaemiddae) of Google "Versklas". |
7. Kyk lank na die foto. Dis genl. De Wet. Oud geword. Maak hom jou gedig se saaklike spreker. Pound glo die kort liriese gedig is die geskrewe fragment van 'n veel omvattender drama. Moenie abstrakte woorde gebruik nie; dis nie 'n opstel of geesteswetenskap nie. So: verlange, vervalle, oorwonne, verouderde, lojaliteit, wraak, liefde, wellus, ens. is uit. So uit soos 'n vers.
8. Wees konkreet, met sintuiglike akkuraatheid. As jy die regte paddas in jou verbeelde tuin geskep het (Marianne Moore), kry hulle dan aan die spring en duik. Onthou ook, die vers is by magte tot "kinderspel" (Lucebert). 9. Ken die werklikheid agter die joernalistiek en cliche. Kyk na regte plekke en mense, as modelle, bv. in die tou in die poskantoor. Beskryf wat jy sien, baie spesifiek. Watter atmosfeer gebeur in die taal? 10. Toets die stemtoon van elke gedig saam met jou sosiale en omgewingsgewete. Dis nie net 'n speletjie, groetevers of kultuuroefening nie. 11. Raak uiteenlopend in jou skryf en denke, buite bokse. Lees Cussons, Stockenstrom, Krog as almal De Wets. 12. Of bly net waar jy is. |