Lekkerlees hierdie maand:
Uit die Merrie se bek - Erna Jo
Gedigte Artikels
Fokus op: Loukie Adlem 1,2,3,4, versie op papier - René Bohnen
rooi serp Poësie in die Bybel - Ds. Naude Kritzinger
Twee somers Manuskripte - Kerneels Breytenbach
Enabler Versvreugde - Ronell Marais
The Last Sentinel Solovlug - Ita Froneman
Men of a certain age - Johann de Lange
Woorde is so eroties - Johann de Lange
DIE BESOEK - Johann Lodewyk Marais
Eksodus - Berdéhan Brand
Hospice - Karlien van der Merwe
Kosmos dans - Jan Olivier
Om jouself te dood begin jy stadig - Rudi Prinsloo
One moon later - Elza Lorenz
She Calls me by my Name - Jo Fourie-Symmons
Musiek of rumatiek - Lieze Stassen Skryfskool - Ian Raper
Kortverhaal: Agenda - Careline Fouche Buurpraatjies - Po-e-zine
- Avodazz
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Elizabeth Kendall is die trotse skepper van dié kaalvoet-skildery. Dit is reeds verkoop, maar Liz skilder ook op aanvraag. As medium het sy HB potlood, pen en ink op waterverfpapier (200gsm) gebruik. Gaan besigtig gerus haar uitstallings op http://www.southafricanartists.com/showartist.asp?WorkID=76495
en http://www.paintingsilove.com/image/show/167026/barefoot-in-the-rain?path=artist&artist=elizabethkendall
Merle Chalmers het dié besondere voetwerk van Liz raakgesien, en was so betower dat sy ‘n gedig daaroor geskryf het. (sien onder)
Dankie dames, dat julle hierdie besondere spandans met Bloots gedeel het
Agtergrond: met koffie geverf
Grootte: A4, ongeraam. Prys: R1500
Dans in die wind
dans in die wind, klipvrou
om en om die stiltes
van jou stilte
op die rand van halfdonker dae
om en om die asse
van jou kringvure
dans verby toegang verbode
in eggo’s
van eindelose nagte
klipvrou met branderige trane,
splinters in jou rokerige siel
dans uit jou noodsaak
dans verby die huis
sonder fondamente
verby die hersenskimme
uitgekerf op bome
dans weg van jou fantasieë
van goddelose dieptes
weg van niks en nêrens
in jou klanklose, naamlose drome
dans in sirkels
terug na jou tabula rasa
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ingrid se Donker
Funky Louis van den Heever het sy gedagtes oor Ingrid Jonker op doek met ons kom deel, spesiaal vir Bloots. Prys is op aanvraag beskikbaar. Gebruik asseblief die "Kontak ons"-opsie, of kontak Louis op sy Facebookblad "OK Whatever..." vir bestellings.
Grootte: 55 x 45 cm
Medium: akriel
